Miller wys aansoek dat hy van Fishrot onttrek, van die hand

Hoërhofregter Kobus Miller het die aansoek deur die twee Fishrot-beskuldigdes Bernhardt Esau en Ricardo Gustavo, dat hy hom moet onttrek as regter in die saak, vanoggend van die hand gewys. Die twee se regslui het aangevoer dat Miller bevooroordeeld is as gevolg van kommentaar wat hy oor die saak gemaak het in vorige uitsprake. Die saak sal op 20 Julie vanjaar weer voorkom.