AfriForum wil apartheidsvlag wapper

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-groep, AfriForum, rig vandag betoë aan die Appèlhof in Bloemfontein om dit wettig te maak om die apartheidsvlag te vertoon. AfriForum appelleer teen ‘n bevel van die Gelykheidshof in die guns van die Nelson Mandela-stigting. Volgens die bevel is dit haatspraak om die vlag te vertoon, ingevolge die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onregverdige Diskriminasie. Die stigting het betoog die vlag is ‘n simbool van wit opperheerskappy.