GOAN se jaarvergadering vind môre in Whk plaas

Die Gun Owners’ Association of Namibia, oftewel GOAN, se jaarvergadering vind môre in die hoofstad plaas na dit verskeie male uitgestel is. Die vereniging is in 2019 gestig om die belange van die Namibiese wapen-eienaars te beskerm. Die huidige voorsitter, Kallie Venzke, sê lede en nie-lede is welkom om dit by te woon.