China begin beheer oor Covid kry, kommer oor olieprys

China blyk om stadig sy Covid-gevalle onder beheer te kry, veral in Sjanghai maar, daar is kommer oor die stand van sake in Beijing. Inperkings is effe gelig in Sjanghai maar, kenners meen die regering sal eers ‘n aankondiging maak wanneer die land se vakansietydperk – wat tussen 30 April en 4 Mei plaasvind, verby is. China voer 40 persent van die wêreld se olie in en sy inperkings het verligting gebring vir die ru-olieprys. Volgens Theo Klein van Simonis Storm, kan die prentjie binnekort verander.