ANC-binnegevegte wek kommer

Die ANC se nasionale uitvoerende komiteelid, Ronald Lamola, sê die binnegevegte en faksie-stryd in die ANC verteenwoordig nie dit waarvoor die voormalige ANC-president Oliver Tambo gestaan het nie. Hy het by die OR Tambo-gedenklesing in Thohoyandou, Limpopo gepraat. Hy sê die beweging behoort nie gekenmerk te word deur gevegte en stoele wat rondvlieg nie. Lamola doen ‘n beroep op ANC-lede om te verenig en sodoende die gees van Oliver Tambo te vereer: