Anne Hathaway al vir meer as 5 jaar nugter

Anne Hathaway (41) is al vir meer as vyf jaar nugter. Die aktrise het met The New York Times gepraat oor haar gesondheid en hoe dit is om in haar 40’s te wees. Sy meen sy het verkseie doelwitte, en alhoewel sy nie baie daaroor praat nie, is om nugter te bly een van hulle.

Foto: Anne Hathaway El Nacional.cat

Sy het ook gedeel dat sy nie gemaklik was om na haarself as middeljarig te verwys nie, want sy meen niemand weet eintlik of 40 middeljarig is of nie. Hathaway het die eerste keer in 2019 tydens ‘n verskyning op “The Ellen DeGeneres Show” onthul dat haar doelwit is om so lank as waat haar seuns in haar huis woon, geensins alkohol te drink nie. Sy sê ook dat haar geestesgesondheid verbeter het vandat sy nie meer drink nie.