Bek- en klouseer is groot kopseer

Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, sê haar departement doen alles in sy vermoë om die bek-en-klouseer-uitbreking te bekamp wat na vyf provinsies versprei het. Sy het verlede week met LUR’e en amptenare van Limpopo, Noordwes, Gauteng, die Vrystaat en KwaZulu-Natal vergader. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die minister waarsku daar sal geen verdraagsaamheid wees teenoor die onwettige vervoer van vee met gesplete hoewe uit besmette gebiede of eiendomme nie: