Werksgroep reeds gestig vir loodvlakke in die natuur

Loodvlakke in die natuur is in die nuus. Unam Veeartsenyskool analiseer karnivoorbene in die land omdat karnivore bo-aan die voedselketting is nes met kwik, sal hulle die metaal opbou. Die tipe navorsing is ook elders reeds uitgevoer. Dr. Chris Brown, stigter van die Kamer van die Omgewing gesels met Kosmos 94.1 Nuus en sê ‘n werksgroep is reeds in die verband gestig.