NUNW-Swapo ontmoeting was jaarlikse hoflikheidsbesoek

Die ontmoeting tussen die Swapo-party se sekretaris-generaal en die Nasionale Unie van Namibiese Werkers het wenkbroue laat lig omdat daar tans ‘n geskil is oor die salarisse vir staatsamptenare. Maar, volgens die vakbond se sekretaris-generaal Job Muniaro was dit eenvoudig hul jaarlikse hoflikheidsbesoek.