Vervoerstaking afgeweer, maar daar’s steeds uitdagings

Dit wil voorkom asof ‘n staking in die Namibiese vervoerbedryf afgeweer is. Die nuwe vakbond, die Namibian Revolutionary Transport Union, oftewel Naretu, het uiteindelik reaksie van die Namibiese Werkgewersfederasie se sekretaris-generaal, Daan Strauss, gekry nadat hulle ‘n brief aan hom geskryf het om in te gryp in arbeidsverhoudinge in die vervoer- en logistieke bedryf te bevorder. Petersen Kambinda, die vakbond se sekretaris-generaal, sê daar is vordering, maar sommige werkers is steeds ongelukkig.