Nautedam se sluise is oopgetrek

Die Nautedam se sluise is vanoggend weer oopgetrek nadat die dam by Keetmanshoop se vlak van 99 persent tot 108,3 persent gestyg het. Water word teen ‘n koers van 300 kubieke meter per sekonde uit die dam vrygelaat om dit weer op ‘n vlak van 100 persent te bring. Dit sal die vloei van die Visrivier in die rigting van Ai-Ais beïnvloed.