Naomi Osaka het onttrek aan die opwarmingstoernooi vir die Australiese Ope

Tennis: Naomi Osaka het onttrek aan die opwarmingstoernooi vir die Australiese Ope. Die verdedigende kampioen sê haar liggaam het skok opgedoen ná sy haar eerste wedstryde in vier maande gespeel het. Dit volg op haar tranerige vroeë uittrede by die Amerikaanse Ope. Die Japanese ster het daarna ‘n lang blaaskans geneem om persoonlike sake te hanteer. Osaka het op Twitter gesê dit was ‘n moeilike terugkeer en sy wil nie te hard druk met die openings-Grand Slam wat op 17 Januarie begin nie.