21 Mense sterf in verkeersopeenhoping in Pakistan

Ten minste 21 mense het gesterf in ‘n reuse verkeersopeenhoping in Pakistan. Dié verkeersknoop is veroorsaak deur tien-duisende besoekers wat op ‘n heuweldorpie toegesak het om ongewone swaar sneeuval te sien. Die polisie berig ten minste agt mense het in hulle motors verkluim. Die minister van Binnelandse Sake, Sheikh Rashid, sê die weermag is ontplooi om paaie skoon te maak en om duisende wat steeds naby Murree, omtrent 70-kilometer noord-oos van Islamabad vasgevang is, te red.