Nuwe webtuiste sal alle Namibiërs help om werk te kry

‘n Jong Namibiër Frank Ipinge gaan ‘n werksoek-webblad, genaamd Ungura, op 23 Januarie van stapel stuur. Die webtuiste by ungura.com sal werksoekers help om ‘n pos los te slaan. Ipinge sê dit sal die gemiddelde Namibiër help met ‘n verskeidenheid werksgeleenthede, nie net vir senior posisies nie.