Kla Trump aan of ons neem wraak – Iran

President Ebrahim Raisi van Iran het beloof om wraak te neem vir die moord op een van sy senior generaals tensy die Amerikaanse oudpresident Donald Trump van sy moord aangekla word. Qassem Soleimani is dood nadat Trump presies twee jaar gelede opdrag gegee het vir ‘n hommeltuigaanval in Irak. Volgens Reuters sê Raisi indien Trump en sy minister van Buitelandse Sake, Mike Pompei, nie die gevolge dra nie, sal Moslems wraak neem. Iran het vroeër aangedring dat die Verenigde State Amerika en Israel aanspreeklik hou. Teheran beweer Israel was betrokke by die aanval.