Usakos Engen help gestrande vragmotorbestuurder

Berigte van ‘n Zambiese vragmotorbestuurder wat gestrand is ongeveer 30 kilometer vanaf Usakos, het die naweek aan die lig gekom. Die man is volgens berigte reeds sedert die einde van November gestrand langs die pad, by sy vragmotor. Die Engen-vulstasie op Usakos het onmiddellik uitgereik en hand bygesit. Die vulstasie se bestuurder, Walla Simeon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Simeon sê Namibiërs moet mekaar bystaan.