Ekonoom sê oor olieprys

Na ‘n skerp daling verlede week na rondom 68 Amerikaanse dollar verhandel Brent ru-olie vandag rondom 75 dollar ‘n vat. Kenners meen vrese oor Omikron en die gepaardgaande inperkings sal vraag laat daal en daar is hoop vir ‘n moontlike daling in die brandstof prys sou die olieprys nie weer styg nie. Volgens die bekende Suid-Afrikaanse beleggingsekonoom Dawie Klopper, is die verwagting dat die prys dalk nog verder kan terugsak. Hy verduidelik.