Senaat verhoog skuldplafon, tot Desember

Die Amerikaanse senaat het die opskorting van sy skuldplafon tot begin Desember goedgekeur in ‘n stemming van 50 teen 48. Die tydelike maatreël stel die Amerikaanse regering in staat om ‘n limietbedrag met 7,17 miljard Namibiese dollar te verhoog sodat die land nie ‘n wanbetaler op sy eie skuld word nie. Die leier van die meerderheid in die senaat, Chuck Schumer, sê hulle is steeds daarteen gekant om versoening vir ‘n langtermyn oplossing te gebruik. Die Huis van Verteenwoordigers onder beheer van die Demokrate moet nou die maatreël goedkeur voor dit na President Joe Biden gestuur word om as wet onderteken te word.