Toelae kan nie meer by Nampost ontvang word nie

Talle bejaardes en kinders wat maatskaplike toelae van die regering ontvang, is ten volle afhanklik daarvan vir hul inkomste. Chaos het onlangs by gereelde betaalpunte uitgebreek toe die Namibiese ministerie van maatskaplike welsyn hul kontantuitbetalingskontrak met Nampost opgeskort het. Om te vermy dat ontvangers van toelae nie hul geld betyds ontvang nie, wil die ministerie hulle inlig dat daar vyf verskillende metodes is hoe hulle hul geld kan ontvang. Albert Biwa, die adjunkdirekteur van maatskaplike pensioen in die ministerie, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.