Brent ru-olie verhandel nou bo US$81

Die Brent ru-oliepryse verhandel op die oomblik net bo 81 Amerikaanse dollar per vat. Daar is wel protesaksie by Sudan se hawe wat deur Suid-Sudan gebruik word vir sy olie uitvoere maar, die Cirrus-ekonoom Robert McGregor sê daar is ander faktore wat die prys opstoot.