Dis hoe mense saamstaan…

Die projekbestuurder van ‘n Facebook-groep met meer as 143 000 volgelinge, We Are South Africans, sê hulle het tydens uitreikveldtogte na boere ná die onluste in Julie verskeie versoeke ontvang. Gilbert Martin sê een verhaal wat hulle regtig aangemoedig het om hoop te versprei, was dié van ‘n boer wat honderde kilometer afgelê het om skoene te gaan haal wat die groep as geskenk vir ‘n plaaswerker gekoop het. Martin sê die People of South Africa-stigting is begin om boere en mense in nood by te staan: