Facebook vra om verskoning, onderbreking sy netwerk se skuld

Facebook Incorporated se tegniese hoof het verskoning gevra nadat baie van die sosialemediaplatform se 2,7-miljard gebruikers regoor die wêreld deur ‘n reuse-onderbreking getref is. Santosh Janardhan sê ingenieurspanne het uitgevind veranderings aan samestellings op die ondersteuning-senders wat netwerkverkeer tussen data-sentrums koördineer, het die onderbreking veroorsaak. Hy sê hierdie ontwrigting van netwerk-verkeer het ‘n uitgebreide uitwerking op die manier waarop datasentrums kommunikeer en dit het die dienste vir ses ure onderbreek. Janardhan sê geen gebruikersinligting is geraak nie.