Namibië sprankel by 2020 Dubai Wêreld Ekspo

Die 2020 Dubai Wêreld Ekspo se glansryke amptelike openingseremonie het gisteraand plaasgevind en die ekspo skop vandag af waar Namibiese sake- en toerismesektor hul maatskappye, projekte en produkte by die Namibiese pawiljoen uitstal. Volgens Nrupesh Soni van die Namibia Travel and Tourism Forum, wat die digitale bemarking hanteer, is die Namibiese pawiljoen reg langs die Dubai pawiljoen wat baie besoekers lok. Soni gesels uit Dubai met Kosmos 94.1 Nuus.