Goedhartige Namibiërs gee matriekafskeid-uitrustings weg

Dit is tyd vir matriekafskeid waartydens seuns en meisies hul vere regskud en hulself mooi kan optof, maar kan ouers midde die ekonomiese impak van die Covid-pandemie nog duur tabberds en pakke koop? Glendyrr Baily is ‘n Namibiese ma met ‘n tipiese Namibiese goedhartige moederhart. Sy het ‘n rok vir haarself ontwerp vir haar broer se bruilof en ‘n paar duur skoene gekoop. Sy het besluit om haar uitrusting aan ‘n meisie vir haar matriekafskeid te skenk. Ná sy dit op haar Facebook-blad geplaas het, het haar vriende aangebied om ook klere en skoene te skenk. Bailey gesels met Kosmos 94.1 Nuus.