Kinderadvokaat reageer op erge tekort aan maatskaplike werkers

Daar is ‘n erge tekort aan maatskaplike werkers in Namibië met sowat slegs een vir 13 000 kinders in die land. Die Namibiese minister van geslagsgelykheid, Doreen Sioka, sê slegs 83 maatskaplike werkers is in haar ministerie wat uitgebrei moet word na ten minste 242. Sy sê 1 566 kinders is tussen 2019 en 2021 seksueel aangerand, terwyl 883 fisies aangerand is. Volgens Sioka is 1 587 babas gestort en 293 kinders wees agtergelaat. Namibiese kinderdavokaat, Ingrid Husselmann, het haar reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus so verword.