Benson ontvang N$10 000 borg

Jeronette Benson is borg van 10 000 dollar in die Walvisbaai landdroshof toegestaan. Die 28-jarige Benson word daarvan beskuldig dat sy die 62-jarige Charlie du Toit in ‘n tref en trap ongeluk oor die naweek doodgery het. Sy het die toneel gevlug en haar motor is later gevind waar dit in sand vassit. Sy is eers Sondag gearresteer. Landdros Vicky Nicolaidis het die saak tot 10 November uitgestel vir verdere ondersoek.