NamPower stuur span na Rundu

Rundu se krag is steeds vanoggend af. Dit is sedert Maandag af, en water is ook nie op die dorp sedert verlede week beskikbaar nie. NamPower het in ‘n persverklaring gesê dat ‘n tegniese probleem op die oomblik ondervind word by die dorp se substasie. ‘n Gespesialiseerde span is reeds vanaf Windhoek ontplooi om ondersoek in te stel na die fout. NamPower sê hy werk saam met Nored in die verband en probeer so vinnig as moontlik die elektrisiteit herstel. Die water is gesny omdat die dorpsraad meer as 120 miljoen Namibiese dollar aan NamWater skuld en voorafbetaalde water ontvang. Die dorpsraad het vroeër gesê die skuld moet op die inwoners geplaas word omdat net 30 persent hulle rekenings betaal.