Duisende nuwe werksgeleenthede met N2 Wildekus-padprojek in Suid-Afrika

President Cyril Ramaphosa sê die N2 Wildekus-padprojek in die buurland kan duisende nuwe werksgleenthede skep. Ramaphosa het die omgewing van Msikaba-brug in die Oos-Kaap besoek om die vordering waar te neem. Die multi-miljard-rand brugprojek van die Suid-Afrikanse Nasionale Pad-agentskap sal vier provinsies, naamlik die Wes- en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, verbind. Gedurende die aanbou sal sowat 28-duisend informele werksgeleenthede geskep word. By voltooiing sal dit na verwagting ten minste agt-duisend voltydse werksgeleenthede skep.