Taiwannese regering wil sy appelboere beskerm

Die Taiwannese regering oorweeg dit om ‘n beroep te doen op die Wêreldhandelsorganisasie om sy boere te beskerm. China het hierdie week die invoer van Taiwannese was-appels en vla-appels sonder waarskuwing verbied. Dit is die tweede keer hierdie jaar dat China die invoer van vrugte uit Taiwan opskort weens wolluise, ná ‘n verbod op pynappels aan die einde van Februarie. Taiwan se Landbouraad het die beskuldigings verwerp en bevraagteken die protokolle wat China ingestel het.