Namibiese ombudsman kry minder klagtes in 2020 as vorige jaar

Die waarnemende Namibiese ombudsman, advokaat John Walters het sy verslag by die parlement ingedien oor klagtes ontvang by die kantoor van die ombudsman. Verlede jaar het die kantoor 2 222 klagtes ontvang in vergelyking met die 3 203 klagtes in 2019. Die meeste klagtes is deur mans ingedien, altesaam 1 308, en 914 klagtes deur vroue. Walters verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat die moontlike redes is waarom minder klagtes ingedien is.