Onderwyser in skuilhuis na sy doodsdreigemente ontvang

Die ANC in die Wes-Kaap sê die skoolhoof van die Hoërskool Bloekombos in Kaapstad, Ntombizandile Goniwe, is in ‘n skuil-huis nadat sy na bewering doodsdreigemente ontvang het oor haar standpunt teen korrupsie. Goniwe word beskryf as ‘n toegewyde en etiese staatsdienswerker. ‘n ANC-lid in die wetgewer, Khalid Sayed, sê die bewerings van korrupsie moet ondersoek word.