Amerikaner sê stemme en God het gesê hy moet moor

Die gewese Amerikaanse seesoldaat wat daarvan beskuldig word dat hy Sondag vier mense in Lakeland, Florida, doodgemaak het, het aan die polisie gesê stemme en God het hom beveel om dit te doen. Die 33-jarige Bryan James Riley het blykbaar geglo ‘n dogtertjie met die naam Amber word vir sekshandel gebruik en daarom het hy op die moordtog gegaan. Hy het ‘n 40-jarige man, ‘n 33-jarige vrou en haar drie maande oue seun in ‘n woonbuurt doodgeskiet. Die vierde slagoffer was die kind se 62-jarige ouma. ‘n Elfjarige kind is gewond.