Selfmoord: 745 slagoffers tussen Januarie 2020 en Junie 2021

Ten minste 745 mense in Namibië het hul eie lewens tussen Januarie 2020 en Junie 2021 geneem, terwyl , 1 172 mense probeer het om in dié tydperk selfmoord te pleeg. Altesaam 609 mans het selfmoord gepleeg en 35 is kinders onder die ouderdom van 18 jaar. Dit is volgens statistieke van die gesondheidsministerie in samewerking  met die Namibiese polisie. Die Omusati-streek het die hoogste geval selfmoordsyfers van 111, gevolg deur Ohangwena en Khomas met 99 gevalle elk en in Otjozondjupa het 86 mense hul eie lewens geneem. Die meeste mense het hulself opgevhang of geskiet.