Stad Tshwana installeer vooruitbetaal-meters vir elektristeit

Die Stad Tshwane sê hy maak goeie vordering met die vervanging van gewone elektrisiteitsmeters met nuwe vooruitbetaal-meters. Volgens Tshwane se waarnemende hoof van personeel, Jordan Griffith, beplan die stad om vanjaar 25 000 nuwe vooruitbetaal-meters in te sit. Griffith sê die meeste eiendomme in die stad koop reeds elektrisiteit op hierdie manier.