Suid-Afrikaners stem op 1 November

Die Suid-Afrikaanse minister van samewerkende regering en tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het aangekondig Suid-Afrikaners gaan op Maandag, 1 November, in die plaaslike regeringsverkiesing stem. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie gaan die 18de en 19de van die maand ‘n spesiale kieserregistrasie-naweek hou. Die minister sê die verkiesingsdatum sal op 20 September in die Staatskoerant gepubliseer word.