Hardap en Karas se leiers staan saam

Die 17 burgemeesters en voorsitters van dorps- en nedersettingsrade van die streke van Hardap en Karas sê hulle het reuse-uitdagings met historiese skuld aan NamWater en NamPower. Die Forum vir Burgemeesters en Voorsitters gaan onder die voorsitterskap van die burgemeester van Mariental, Adam Kuhlman, gaan nou saam staan om die uitdagings te trotseer en dienslewering te bevorder. Die forum gaan ook beleggings soek om elektrisiteit deur herwinbare energie op te wek en eie waterbronne te soek. ‘n Uitvoerende komitee is ook gestig. Anwar Thomas, die persoonlike assistent van die burgemeester van Mariental, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sommige van die uitdagings, soos water, opgelos kan word.