Unam-student wil Mej. Aarde 2022 word

Michelle Mukuve, ‘n eerstejaar entrepreneurskap-student aan die Universiteit van Namibië het haar oog op die skoonheidstitel, Mej. Aarde 2022. Mej Aarde is ‘n jaarlikse internasionale omgewingstema-skoonheidskompetisie wat omgewingsbewustheid, bewaring en maatskaplike verantwoordelikheid bevorder. Die 22-jarige Michelle, ‘n voormalige Mej. Rundu en eerste prinses van Mej. Namibië, kom van die Kavango-Oos-streek af.