Mense met gestremdhede het groter uitdagings tydens pandemie

Die Covid-pandemie het ‘n groot impak op almal, maar des te meer op mense met gestremdhede. Dit is moeilik vir mense in rolstoele of blindes om vir Covid-inentings te gaan, want hulle is afhanklik van die hulp van ander mense. Volgens die nasionale voorsitter van die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdhede, Daniel Trum, is dit baie moeilik vir mense met gestremdhede om sosiale afstand te handhaaf as hulle deur ander bygestaan word. Trum vertel aan Kosmos 94.1 Nuus wat die uitdagings is.

Trum het ook die uitdagings van mense met verstandelike gestremdhede beklemtoon.