Stad Windhoek maan teen veldbrande

Veldbrande woed in verskillende dele van die land met die weghol-veldbrand in die Dordabis-omgewing wat nou deur Stad Windhoek se brandweermanne naby Groot Aub bestry word. Verskeie brande het ook onlangs in die hoofstad voorgekom, het Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê. Sy waarsku die publiek moet versigtig wees.

Amutenya het ook wenke gegee hoe om veldbrande te voorkom en doen ‘n berope op die publiek om onmiddellik brande by Stad Windhoek te rapporteer.