Huawei se inkomste daal in tweede kwartaal

Huawei, die tegnologievervaardiger in die middel van voortslepende handelstwis tussen Amerika en China, se inkomste in die tweede kwartaal het op ‘n jaargrondslag met 38 persent geval. Huawei se direkteur, Eric Xu, het aan internasionale media gesê hulle probeer nou net oorleef.