Pulmonoloog verduidelik Covid-herstelkoers in Namibië

In Namibië word gesien hoe positiewe Covid-19-gevalle op ‘n daaglikse basis afneem, maar die herstelkoers is traag en pasiënte neem lank om van korona te herstel. Pulmonoloog, dr. Willie Bruwer, sê die meeste pasiënte neem ‘n maand of twee om te herstel en enkeles het sogenaamde lang Covid. Hy verduidelik die herstelproses aan Kosmos 94.1 Nuus.