Strenger maatreëlsl by Namibiese Korrektiewe Dienste

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het strenger maatreëls by sy gevangenisse landwyd ingestel om die verspreiding van Covid-19 tussen gevangenes te voorkom. Verskuiwing van gevangenes tussen geriewe is opgeskort en nuwe gevangenes sal eers vir sewe dae in isolasie wees. Alle besoeke aan gevangenes is ook opgeskort. Families en prokureurs van gevangenes word aangemoedig om liewer gevangenes te bel. Die woordvoerder van die Namibiese Korrektiewe Dienste, Sam Shaalulange, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.