Ace wil appelleer

Die geskorste ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule gaan teen die Suid-Gautengse hooggeregshof se beslissing dat sy skorsing geldig is, appelleer. Hy het die hof verlede maand gevra om sy skorsing uit die ANC nadat hy nie sy pos in terme van die opsystaan-reël ontruim het nie, op te hef. Die hof het ook bevind dat sy skorsing van die ANC-president Cyril Ramaphosa nie aan die vereistes voldoen het wat in die party se grondwet uiteengesit is nie. Magashule sê hy reken ‘n hoër hof sal tot ‘n ander gevolgtrekking kom.