Namibia Wildlife Resorts beskerm werksgeleenthede

Die afgelope 16 maande was die mees uitdagende tydperk wat enige toerismemaatskappy ooit beleef het. Elke maatskappy het verskeie maatreëls in plek gestel om die bedryf en personeel se werksgeleenthede te beskerm. Namibia Wildlife Resorts as ‘n Namibiese maatskappy in staatsbesit moes basiese salarisse van hul direksie, besturende direkteur en senior bestuurslede met 25 persent in September 2020 sny. Terselfdertyd het NWR en sy vakbond, Napwu, ooreengekom om salarisverhogings, oortyd ander andere toelae en voordele vanaf Maart 2020 tot op hede te besny. Mufaro Nesongano, korporatiewe kommunikasiebestuurder, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit alles is gedoen om die welsyn van sy werknemers en besigheid te beskerm.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *