97 keer meer Afrikane het Covid-blootstelling gehad

Meer as twee derdes van Afrikane is deur Covid-19 besmet sedert die pandemie begin het, 97 keer meer as die bevestigde gevalle wat aangemeld is. Dit is volgens ‘n studie deur Wêreldgesondheidsorganisasie gepubliseer is. Daar is bevind dat 800 miljoen Afrikane en nie 8,2 miljoen soos aangemeld nie, teen September 2021 blootgestel is van die virus. Volgens die WGO is syfers regoor die wêreld baie hoër as wat aangemeld is – tot 16 keer meer as die gevalle waarvan ons weet.