Pink Floyd herenig vir die Oekraïne

Pink Floyd het herenig om hul eerste nuwe musiek in 28-jaar op te neem, ten bate van die Oekraïne. Die groep sê alle geld uit verkope van die nuwe liedjie “Hey Hey Rise Up” sal aan die Oekraïnse Humanitêre Hulpfonds geskenk word. Die groep se hoofsanger is Andriy Khlyvnyuk van die Oekraïnse groep Boombox. Die groep sê die omslagontwerp van die liedjie wys Oekraïne se nasionale blom, die sonneblom, en verwys na ‘n vrou wat gesien is waar sy sonneblomsaad aan Russiese soldate gee.