Daar is ‘n ooreenkoms vir olie vanaf Angola…

Tydens die brandstofkrisis wat nie net in Namibië is nie, maar wêreldwyd gevoel word, het dr. Elijah Ngurare, die voormalige Swapo-jeugliga se sekretaris-generaal, die Angolese regering herinner aan die memorandum van verstandhouding wat in plek is tussen die Angolese regering en dié van Namibië. Die Angolese regering het ingestem om Namibië van ru-olie te voorsien en Namibië om die olie vir gebruik te raffineer. Die huidige sekretaris-generaal van die Swapo-jeugliga, Ephraim Nekongo, sê dat dit steeds die standpunt van die jeugliga dat hierdie memorandum van verstandhouding afgedwing moet word.