Namibiese Teater en Filmtoekennings uitgestel

Die Nasionale Teater van Namibië en die Namibiese Filmkommissie het aangekondig dat die sesde Namibiese Teater- en Filmtoekennings uitgestel is weens die erge impak van die Covid-pandemie op die vermaaklikheidsbedryf. Volgens die toekenningskomitee, was daar ‘n gebrek aan teater- en filmproduksies om vir die toekennings in te skryf. Die teater se skakelbeampte, Desiree Mentor, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die toekennings beslis nie gekanselleer is nie.