Rusland val weer Kiëf aan

Rusland het ‘n aanval op die Oekraïnse hoofstad Kiëf uitgevoer. Twee residensiële geboue in die sentrale Pechersk-distrik is onder andere getref, volgens die stad se burgemeester Vitali Klitschko. Wêreldleiers is tans by die G20-vergadering in Bali, Indonesië, waar hulle die oorlog teen die Oekraïne veroordeel het. Verskeie Russiese missiele is suksesvol afgeskiet en reddingspanne is in plek, sê Klitschko. ’n Lugaanval-waarskuwing is ook in Kiëf afgekondig. Russiese President Vladimir Putin woon nie die G20-vergadering by nie.