6 Januarie: Pence se lewe was in gevaar

Die derde openbare verhoor van die gekose komitee wat die opstand op 6 Januarie ondersoek het gefokus op die gevaar waarin oud-president Donald Trump se adjunk, Mike Pence in was. Trump het baie druk op Pence geplaas om hom in die kongres as president te verklaar. Trump se ondersteuners het ook herhaaldelik geskree dat Pence gehang moet word en het ‘n galg buite Capitol Hill opgerig. Die konserwatiewe oud-regter Michael Luttig sê sou Pence Trump verklaar het, sou dit ‘n revolusie veroorsaak het.